Garsfontein Academy is gebore uit n behoefte om n alternatiewe onderwys model te bied deur ons passie vir kinders en onderwys te kan uitleef. By Garsfontein Academy is ons doelwit om n pad te stap, saam met elke student wat by ons aansluit, deur hulle met die beste moontlike onderrig te voorsien maar om ook op hulle emosiosnele groei en volwassenheid te fokus. Dit is vir ons n groot eer om te kan ervaar hoe elke leerling nie net akademies groei nie
maar, om ook te beleef hoe hulle emosionele volwassenheid bereik.
Garsfontein Academy is n geregistreerde Optimi tuisonderrig sentrum wat gebruik maak van n Caps gebaseerde Curriculum wat deur Optimi verskaf word. Alle leerders wat by Optimi registreer, word automaties by Sacai gerigistreer, n geakrediteerde eksamen raad. Al ons studente kan hulle Nasionale Graad 12 sertifikaat verwerf deur Impaq, en studente kan ook enige tyd weer in enige hoofstroom skool inskakel.
Wat ons bied by Garsfontein Academy:
Graad 1 - 12 onderrig
Dual medium klasse word aangebied in Afrikaans en Engels
Klein klasse, persoonlike en idividuele aandag, nie meer as 6 kinders per graad.
Rustige en onstpanne omgewing waar kinders hule beste potensiaal bereik.
Aanleg en persoonlikheids toetse om te assisteer met vak keuses.
Holistiese aanslag
Nasorg fasiliteit